OUDTSHOORN NUUS - Vir diegene wat bekommerd is oor die padwerke tussen Oudtshoorn en George is daar tydelike goeie nuus.
Die departement van vervoer en openbare werke het gister aangekondig dat die verkeersbeheerpunte op die pad tussen George en Oudtshoorn vanaf 21 tot 31 Maart nie van toepassing sal wees nie.
Daar sal dus tweerigtingverkeer vir die duur van die KKNK wees.
Motoriste word gewaarsku dat padwerke op die George-Oudtshoorn pad steeds voortgaan en dat motoriste versigtig moet bestuur.
Verkeersbeheerpunte op die pad tussen Oudtshoorn en De Rust bly egter in plek.
Padwerke word ook op die pad tussen Oudtshoorn en Calitzdorp gedoen, maar verkeersvloei word nie deur beheerpunte beinvloed nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'