DYSSELSDORP NUUSFLITS - 'n Oupa van Dysselsdorp het sy kleinseun vanmiddag net na 12:00 van 'n gewisse dood gered.
Die ongeluk het in Voortrekkerweg gebeur.
Andrew Botha het sy kleinseun voor 'n aankomende motor in sy arms gegryp en is in die proses self raakgery. Hy het kopbeserings opgedoen.
Sover vasgestel kan word het die kind nie seergekry nie.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Dysselsdorp, Klein Karoo nuus'