OUDTSHOORN NUUS - Die 24ste Sonder Nonsens Vreetsaam-toer het Donderdag 5 Oktober in Oudtshoorn aangekom en oornag by die Riempie Hotel.
Byna 30 voertuie, wat almal voor 1960 gebou is, het daaraan deelgeneem, met die oudstes twee Model A Fords van 1931.
Die deelnemers het die volgende oggend in sarsies na die Diaz Hotel in Mosselbaai vertrek.
Volgens mede-organiseerder Leonard Schneider, wat al met die organisering van byna elke toer betrokke was, is een vereiste vir deelname aan die toer dat jou voertuig voor 1960 geproduseer moes word.
Meeste van die deelnemers kom vanuit die Wes-Kaap, het hy gesê, en die meerderheid van hulle het al tussen 15 en 20 toere saam gedoen.
Elke deelnemer, het Schneider gesê, begin van waar hulle afkomstig is, met die toer se eerste ontmoetingspunt wat op 2 Oktober op Matjiesfontein was.
Van daar het deelnemers na Beaufort-Wes, Prins Albert, Oudtshoorn en die eindpunt in Mosselbaai gereis.
Foto’s: Stefan Goosen
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’