Video
OUDTSHOORN NUUS - Ontevrede ouers het vanoggend voor Hoërskool Oudtshoorn betoog omdat hul kinders glo toelating tot die skool geweier is.
Die ouers, onder leiding van Suwayna Avontuur, het 'n memorandum aan die skoolhoof, Gerrit Rudolph oorhanding.
Klagtes in die memorandum sluit in rassistiese boelie insidente, die uitsluiting van swart leerders en dat die skool se beheerliggaam en onderwysers nie verteenwoordigend is van die skool se demografie nie.
Lees die volledige berig in vandeesweek se uitgawe van die Oudtshoorn Courant.
VIDEO - Ouers betoog voor skool:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'