Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Ouer persone wat in Swartberg Tuiste in Dysselsdorp woon is besig met 'n vreedsame plakkaatbetoging voor die Oudtshoorn-munisipaliteit oor die toestand van die gebou.
Die gebou behoort glo aan die Oudtshoorn-munisipaliteit en was oorspronklik bedoel vir ouer persone.
Dit is egter nie net die toestand van die gebou wat kommerwekkend is nie.
Volgens Leon Campher, voorsitter van die Advies Kantoor in Dysselsdorp, is die veiligheid van die ouer persone ook in gedrang.
Fotogalery: Bejaardes voel onveilig
"Verlede week is 'n tannie in haar huis aangerand en amper verkrag, maar geen sekuriteit word by die gebou geplaas om seker te maak die inwoners is okay nie. Dis ook nie die eerste keer dat een van ons oumensies aangerand en beroof word nie."
Volgens die memorandum wat hulle aan die burgemeester Colan Sylvester gaan oorhandig, wil hulle sekerheidswagte by die gebou hê en ook dat die gebou herstel word.
Foto's: Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'