OUDTSHOORN NUUS - Kokkedoor Vuur & Vlam, begin Donderdag 27 Julie om 20:00 op kykNET en bekende Oudtshoorniet, Rodney Gelant, het sy braaitalente op dié gewilde program gaan toets.
Braaighoeroe, Kobus Botha, ook 'n Oudtshoorniet wat nou in Frankryk woon, is een van die beoordelaars op die program.
Gelant sê hy het die advertensie op Facebook gesien en 'n week lank gedink voor hy ingeskryf het.
"Ek het bietjie getwyfel oor of ek regtig kan kook, bak en braai om in te wil skryf vir een van die grootste kookkompetisies. Ek sien Kokkedoor as die gelyke van Masterchef Australia. Toe ek besluit dat ek wel gaan inskryf vra ek myself: ‘Rodney Warren Gelant, waarmee dink jy is jy besig?’ Dit het my egter nie gekeer nie. "
Wat sy gunsteling oomblikke op die program betref, sê hy, is daar te veel om te noem en sal kykers maar die program moet kyk.
Kykers het in 2013 vir die eerste keer aan die Kokkedoor-tafel kom sit en oor die jare het nog familielede van die reeks (Koekedoor, Kokkedoortjie en Koekedoortjie) geurryke vermaak verskaf.
Lees die volledige berig in die week se koerant
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’