OUDTSHOORN NUUS - Die 19-jarige Keedon Vaaltyn is gekies as een van nege finaliste in die Mr. Ideal South Africa-modelkompetisie. Hy het in Mei ingeskryf en die nege finaliste uit die Wes-Kaap is uit 503 inskrywings gekies.
Hy neem reeds vir die afgelope 14 jaar aan plaaslike kompetisies deel en hierdie is vir hom 'n groot deurbraak.
Die finale beoordeling vind op 5 September in Johannesburg plaas.
Prysgeld aan die wenner beloop R50 000 plus 'n splinternuwe motor.
Volgens Vaaltyn sal die Covid-19-pandemie ongelukkig die finale sê hê oor die finale beoordeling. "Die organiseerders is gereeld met ons in kontak en sou dit gebeur dat die groot geleentheid nie fisies by 'n venue kan plaasvind nie, sal dit wel virtueel op sosiale media plaasvind."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'