RUGBY NUUS - Oudtshoorn-rugbyklub se A-span het die afgelope naweek vir Dysselsdorp Rangers in 'n SWD Eerste liga B Oos-wedstryd by die REC (Oudtshoorn-sportterrein) behoorlik met 67 - 8 afgeslag.
In die proses het die volstruise 'n allemintige 10 drieë gedruk.
Dié wedstryd was teen rustyd alreeds in die sakkie met Oudtshoorn wat 29 - 9 voorgeloop het. Vir Oudtshoorn het Ruan Els, Chad Jansen, Franklin Wicomb en Werner Heunis gaan druk.
Jean Heunis het twee keer agter die doellyn gaan kuier terwyl die skeidsregter ook 'n strafdrie aan Oudtshoorn toegeken het weens 'n oortreding by die skrums deur Rangers.
Ronald van de Wetering was in die kol met sewe doelskoppe. Oudtshoorn se B-span het gelykop teen Rangers gespeel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’