OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn-parkrun het verlede Saterdag, 21 April, sy derde verjaardag met by die Surval-olyflandgoed met kolwyntjies, koffie, tee, sappe en groot ballonne op die 5 km-roete gevier.
Die eerste Oudtshoorn-parkrun is op 18 April 2015 met 84 deelnemers begin en is gewen deur Ettienne Plaatjies met 'n vinnige tyd van 16 minute 16 sekondes.
Marietjie McDermott was die eerste vrouewenner in 'n tyd van 22 minute 21 sekondes.Francois Maquassa het die volgende vier parkruns gewen en Bianca la Grange die volgende drie.
Verlede Saterdag se 157ste een is gewen deur Yaron Venter met 'n tyd van 20 min 40 sek met Tarren Jullies die eerste vrou in 'n tyd van 25 min 29 sek.Saterdag se beste tye was soos volg: Yaron Venter (20:40), Aaron Troy Lategan, 'n dertienjarige junior, (22: 04), Thys Jamneck (22: 22), Glenton Stuurman (22:45), Christo Niemand (22:52), Henry Carstens (23:23), Johan Lingervelder (23:49), Francois le Roux (24:06), Newald Groenewald (24:40).
Altesaam 115 drawwers en stappers het Saterdag deelgeneem onder wie verskeie besoekers waaronder die 67-jarige Armin Brandle van Port Elizabeth, 'n man wat al vier Ystermankompetisies in Suid Afrika en twee in die buiteland voltooi het.
Charles Theron het op Saterdag 14 April sy 100ste parkrun voltooi.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'