OUDTSHOORN NUUS - Hoërskool Môrester, Hoërskool Oudtshoorn, Fezekile Hoërskool en Langenhoven Gimnasium het op Donderdag 2 Februarie, WKOD-toekennings in Leeuwenhof Kaapstad vir uitnemende matriekresultate ontvang.
Môrester het twee toekennings ontvang.
- Grootste verbetering in die slaagsyfer vir periode 2020 tot 2022 vir openbare skole.
- Grootste verbetering in die slaagsyfer vir die periode 2020 tot 2022 vir tegniese skole.
Hoërskool Fezekile
- Verbetering in leerders wat met bachelor slaagsyfer slaag van periode 2020 tot 2022.
Langenhoven Gimnasium
- Beste akademiese skool wat ook tegniese vakke aanbied.
Lees die volledige artikel in volgende week se uitgawe van die Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'