Die eerste uitgawe van die Oudtshoorn Courant was op 8 Mei 1879 en dit het drie maal per week verskyn. Op die eerste uitgawe se voorblad was geen berigte nie, slegs advertensies.
Vir dié wat deur die ou uitgawes blaai of daaruit navors gaan 'n heel nuwe (ou) wêreld oop. Veral die advertensies trek die lesers se aandag.
Drie voorbeelde van gebruiksgoed wat in 'n uitgawe van Januarie 1914 geadverteer word is toevallig steeds deel van die museum se huidige versameling. In daardie jare is foto's nie vir advertensies gebruik nie, maar wel lewensgetroue sketse.
Wat interessant is, is dat baie van die advertensies glad nie pryse het nie en slegs die verskaffer se inligting.
Die vereweegskaal:
'n Spesiale skaal vir die veerligte produk wat die dryfveer was agter die dorp se verstommende welvaart. In die museum se hoof-uitstalling, die Volstruissaal, is so 'n skaal te siene.
Die kinderstootwaentjie of perambulator, kortweg die pram:
So 'n stootwaentjie was 'n ware statussimbool.
Hy was loodswaar en vergeet van opvou en bêre. In die slaapkamer van die museum staan 'n soortgelyke soortgelyke pram met 'n ou porseleinpop as baba.
Die wasmasjien:
In die voorportaal van die museum se kleedkamer staan so 'n ou wasmasjien. Soos met die eerste motors was dele van die wasmasjien nog van hout.
By Le Roux Dorpshuis is ook 'n voorbeeld van 'n veel moderner (195) Miele-wasmasjien. Hierdie Duitse wasmasjiene is vandag nog te koop, maar natuurlik teen 'n stywe prys wat versamelaars bereid is om te betaal.
Een van die ou advertensies.
Nog 'n ou advertensie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'