OUDTSHOORN NUUS - ’n Groep oudleerders vanoor die land wat in 1995 aan Ladismith Sekondêr gematrikuleer het, het onlangs besluit om splinternuwe netbalrompies aan hul alma mater te skenk.
Jo-Anne Buys, tans verbonde aan die plaaslike polisie en Florida Januarie, maatskaplike werker op die dorp, het gestalte aan hierdie idee gegee.
Die oudleerders het geld elektronies oorbetaal wat toe gebruik is vir die maak van die netbalrompies.
Ladismith se skoolhoof, Shantaa-Lee Isaacs, self ’n oudleerder van die skool, het haar waardering teenoor die oudleerders teenwoordig uitgespreek en leerders aangemoedig om hierdie gebaar te onthou veral wanneer hulle eendag die arbeidsmark betree.
Intussen kon die netbalspan hierdie splinternuwe rompies betyds dra vir ’n plaaslike derby tussen die twee plaaslike Hoërskole, Ladismith Sekondêr en Hoërskool Ladismith wat die afgelope naweek plaasgevind het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’