OUDTSHOORN NUUS - Die munisipale ouditkomitee het op 24 Augustus vir die eerste keer in die 2017/18-finansiële jaar byeengekom.
Hulle is verplig om volgens die munisipale finansiële bestuurswet ten minste vier keer per jaar te vergader.
Die vergadering het plaasgevind nadat die Oudtshoorn munisipale raad eenparig besluit het om vyf oudit komiteelede aan te stel vir 'n drie jaar periode wat duur vanaf 1 Julie 2017 tot 30 Junie 2020.
Die lede is: James du Preez (kennis in voorsieningskanaalbestuur), Hendrik (Lampies) Lamprecht (gesertifiseerde rekenmeester), Ingrid Lorenz (gesertifiseerde rekenmeester), Rolene van Rooyen (prokureur) en Rose-Marie Klaas-Ewerts (kennis in bankwese en algemene bestuur)
Aurelia Oliphant, woordvoerder van die Oudts-hoorn-munisipaliteit sê: "Elke munisipaliteit moet 'n ouditkomitee aanstel wat as 'n onafhanklike raadgewende liggaam funksioneer en die raad en munisipale bestuur adviseer.
Die uitvoerende burgemeester, Colan Sylvester, het gesê: "Die raad is baie bly om 'n ouditkomitee suksesvol te stig. Dit is nog 'n stap na goeie bestuur, deursigtigheid en die versekering van skoon oudit."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'