Die stres as gevolg van die onsekerheid oor haar toekoms, het haar by tye oorweldig, veral toe sy haar motor moes verkoop om te kan oorlewe omdat haar spaargeld uitgeput geraak het.
Brenda het darem begin glimlag toe sy Dinsdag vriendelik ontvang is deur Amanda Snyman, 'n administratiewe beampte en assistent vir die openbare beskermer adv. Bruce Wessels, wat haar dadelik die nodige vorms laat invul het.
Die openbare beskerming se kantoor in George kan bereik word deur 044 874 3396 of 044 874 2904 te skakel of die Bataleurpark-kantoor op die eerste vloer op die hoeke van die hoeke van Cradock en Cathedralstrate in George te besoek.
ARTIKEL EN FOTO: PAULINE LOURENS, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'