Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Die Klein-Karoo Ouer Persone Forum (KKOPF) het vanoggend 'n optog deur die strate van Bridgton gehou as deel van hul leer-ken-mekaar funksie wat by die Gemeenskapsaal sal plaasvind.
Volgens Rose de Silva, voorsitter van die KKOPF, is daar sowat 10 sentrums en klubs van Oudtshoorn en omliggende dorpe by dié funksie betrokke.
Paul Amas en sy groep, House of Entertainment, het ook die senior burgers by die gemeenskapsaal met sang vermaak.
Enige persone of instansies wat in die toekoms by soortgelyke projekte van die KKOPF betrokke wil raak of dit wil help borg kan 078 7050 166 skakel.
Senior burgers hou optog.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'