OUDTSHOORN NUUSFLITS - Oudtshoorn se eerste Ostrich Kick MTB en veldwedloop het niks minder as 100 drawwers en fietsryers gelok nie.
Saterdag 16 September het die deelnemers in nat toestande vier items aangepak, naamlik 'n 9 km-pretdraf, en drie fietsrenne (17 km, 38 km en 55 km).
Die sportitems is aangebied as 'n nuwe jaarlikse Gereformeerde Kerk Volstruisfees en georganiseer deur Jakhals Events.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'