Gallery Update
OUDTSHOORN NUUS - Die nuwe Klein Karoo Ostrich Emporium in die herboude Bokomo-gebou was Woensdagaand volgepak met gaste wat die amptelike opening bygewoon het.
Die Klein Karoo Groep het die gebou ongeveer 18 maande gelede gekoop en binne slegs ses maande daarin geslaag om dit in 'n glansryke vertoonvenster vir die volstruisbedryf te omskep.
"Die doel met die Emporium is nie net om die Klein Karoo Groep op die hoof-toerismeroete tussen die binneland en die Suid-Kaapse kus sigbaar te maak nie, maar om Oudtshoorn as die volstruishoofstad van die wêreld by plaaslike en oorsese toeriste te bemark," het Johan Schoeman, uitvoerende hoof van dié groep vroeër in November gesê.
Tydens die opening van die Emporium Woensdagaand het hy die kontrakteurs wat aan die projek gewerk het, geloof vir die wyse waarop hulle die projek aangepak en afgehandel het.
Die ruim Emporium het 'n groot verskeidenheid Volstruisleer-modetoebehore, wat onder meer handsakke, beursies en gordels insluit. Volstruisleermeubels word ook uitgestal.
Die gewilde Beans About Coffee het ook 'n restaurant in die hooflokaal ingerig.
Die nuwe Klein Karoo Ostrich Emporium in die herboude Bokomo-gebou was Woensdagaand amptelike geopen.
Die Ostrich Emporium is reeds twee weke oop en volgens Schoeman is dit reeds 'n gewilde stilhouplek vir sowel toeriste as inwoners.
Die ruimte sluit ook die fabriek in waar volstruisleerprodukte met masjinerie sowel as met die hand vervaardig word.
Volgens die bestuurder van die winkel, Yolandi Horn, is al die produkte wat verkoop word of plaaslik of deur verskaffers in Kaapstad vervaardig.
"Ons verkoop geen ingevoerde produkte nie, alles is eg Suid-Afrikaans."
Lees 'n vorige artikel:
ARTIKEL & FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'