OUDTSHOORN NUUS - Die onderneming van die ontwikkelaars van Caves Aftreeoord om te sorg dat die oord ontwikkel en volgens behoefte uitbrei, het 'n nuwe fase die lig laat sien.
Planne vir 'n splinternuwe dubbelverdieping woonstelgebou is deur die ontwikkelaars, 8 Miles Investments, goedgekeur en bekendgestel.
Die nuwe uitbreiding behels 'n gebou van 1 400 m² wat 18 nuwe eenhede bevat.
Die eenhede bestaan uit sewe tweeslaapkamer- en twee eenslaapkamerwoonstele op elke verdieping.
Elke woonstel het een badkamer wat 'n stort, wasbak en toilet insluit.
Die gebou word ook met 'n hysbak toegerus. Kopers het die keuse van 'n motorhuis of slegs 'n motorafdak saam met eenhede.
Om kopers toe te laat om die natuurskoon en buitelewe te geniet het elke woonstel op die grondverdieping 'n stoepie en 'n tuin terwyl woonstelle op die boonste verdieping elkeen 'n privaat balkon het.
Om woonstelle 'n persoonlike aanslag te gee kry kopers keuses met vloerafwerkings, kaste en ligte.
Bouwerk begin reeds in April en sal teen Oktober vanjaar gereed wees om betrek te word.
Vir 'n deposito van slegs R10 000 kan kopers nou reeds een van hierdie woonstelle met onbelemmerde uitsig oor die landelike omgewing en die Swartberge bespreek.
Belangstellendes moet gou speel aangesien eiendom in aftreeoorde gesog is en allerweë as 'n puik belegging beskou word.
Caves Aftreeoord het tans 37 woonstelle en 43 huise met slegs vier erwe beskikbaar vir die bou van nuwe huise.
In die bestaande woonstelblok is daar tans slegs 'n eenslaapkamerwoonstel en vyf enkelvertrek (bachelor) woonstelle beskikbaar.
Daar is geen oordragkoste en kommissie betaalbaar met die koop of verkoop van nuwe eenhede nie.
Caves Aftreeoord het onlangs hulle versorgingseenheid uitgebrei en beskik oor voortreflike dienste en geriewe wat onder andere ook 'n swembad insluit.
Vir navrae skakel Liesl Neethling by 082 412 1038.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'