So sê Charmaine Hartnick, 'n jonger suster van die vermoorde Janine van Rensburg (38) van Bonteboklaan 1267, Bridgton, wie se halfnaakte lyk Sondagoggend in die pakkamer waarin sy gewoon het, gevind is.
"Volgens die sterftesertifikaat is Janine verwurg, maar niemand is nog in verband met haar dood in hegtenis geneem nie," het Hartnick Dinsdag aan die Oudtshoorn Courant gesê.
Sy sê die familie en inwoners van Bonteboklaan, is stomgeslaan oor die dood van haar suster. Natasha Jansen, ook 'n suster van die oorledene, het Sondagoggend op haar lyk afgekom toe sy haar wou gaan wakker maak.
Hartnick sê hulle het nie 'n idee waarom haar suster so moes sterf nie. "Sy was almal se vriend."
Van Rensburg het byna drie jaar in die pakkamer gewoon. Haar eie huis het in 2010 afgebrand waartydens haar driejarige seuntjie, Shaun-Dee, doodgebrand het.
Sy word oorleef deur vier susters, Jackie, Liesel, Charmaine en Natasha asook 'n 14-jarige seun, Junaid, 'n gr-9 leerder aan die Hoërskool Môrester.
Sy word Saterdagoggend na 'n diens om 11:00 by die woning van haar suster te Bonteboklaan 1250, Bridgton, ter ruste gelê.

Die pakkamer in Bonteboklaan waar die halfnaakte lyk van Janine van Rensburg Sondagoggend ontdek is. Foto: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'