OUDTSHOORN NUUS - ‘n Klag van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek na ‘n taxi met 15 kinders gister, 18 Julie, tussen Uniondale en Willowmore gerol het.
“Ons kan bevestig dat die bestuurder vir bloedtoetse geneem is. Dit vorm deel van die volledige ondersoek waarmee die polisie besig is. Ons kan egter nie bevestig dat hy onder die invloed bestuur het nie. Ons kan wel bevestig dat 12 leerders beseer is waarvan een ernstige beserings opgedoen het en per helikopter na George vervoer is,” het hy gesê.