Buiten die media het die bevelvoerders van die onderskeie dorpe sowel as senior polisielede en sleutelrolspelers die bekendstelling bygewoon.
Cetyana het die polisie geloof vir hulle goeie werk en opnuut gevra dat die gemeenskap betrokke moet raak by die aanmeld van misdade en die polisie ondersteun in ondersoeke.
Die volledige misdaadsyfers van elke dorp in die Wes-Kaap vir die tydperk vanaf April 2004 tot Maart 2014 is op die polisie se webtuiste www.saps.gov.za beskikbaar.
Hier volg slegs syfers van 'n paar misdade wat die laaste twee jaar met mekaar vergelyk. (Die eerste syfer reflekteer die tydperk April 2012 tot Maart 2013 en die tweede syfer reflekteer April 2013 tot Maart 2014.
Beaufort-Wes
Moord: 8 en 27, Ernstige aanranding: 401 en 465, ernstige roof: 108 en 170, inbrake (besighede en huise) 661 en 801, bestuur onder invloed: 84 en 71
Calitzdorp
Moord: 0 en 0, Ernstige aanranding: 81 en 54, ernstige roof: 1 en 2, Inbrake (besighede en huise) 146 en 111, bestuur onder invloed: 23 en 14
De Rust
moord: 1 en 0, ernstige aanranding: 68 en 71, ernstige roof: 4 en 3, inbrake (besighede en huise) 67 en 88, bestuur onder invloed; 10 en 6
Dysselsdorp
moord: 6 n 4, ernstige aanranding: 60 en 86, ernstige roof: 1 en 6, inbrake (besighede en huise) 51 en 31, bestuur onder invloed: 9 en 13
Ladismith
moord: 9 en 6, ernstige aanranding 98 en 95, ernstige roof: 2 en 2, inbrake (besighede en huise) 128 en 150, bestuur onder die invloed: 37 en 26
Oudtshoorn
moord: 20 en 11, ernstige aanranding 539 en 574, ernstige roof: 109 en 109, inbrake (besighede en huise) 1 000 en 971, bestuur onder invloed; 79 en 84
Vir volledige statistieke sien www.saps.gov.za.
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.
Regs is Hannes Visser, redakteur van die Oudtshoorn Courant en Liesel le Roux, redakteur van die Hoorn, saam met die polisie by 'n vergadering waar misdaadstatistiek bespreek is. Foto: Louis Visser
ARTIKEL: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo, Tuinroete nuus'