Dié organisasie, wat verlede jaar in die lewe geroep is, het verlede Vrydag die eerste tree van hul skoensoolprojek gegee. Die loodsprojek het toegesien dat geld ingesamel word sodat tien pare skoolskoene aan verskeie behoeftige skole geskenk kon word.
Die naam, RevolUSO en hul leuse - Van Oudtshoorn, vir Oudtshoorn, stippel ook hul oogmerke duidelik uit.
Hein Weyers, een van die stigterslede, het gesê dat die organisasie 'n "tuis-koms rewolusie" beoog vir die kinders van Oudtshoorn. "
"RevolUSO is 'n revolusionêre sosiale beweging met die fokus om terug te gee aan die gemeenskap van die Groter Oudtshoorn.
"Ons wil investeer in die dorp se kinders, in die ontwikkeling van die jeug en in die toekoms." Weyers het gesê dat die groep se Facebook-blad reeds 1 179 lede het wat elk idees met die groep kan deel oor sosiale inves-tering, jeugontwikkelingsprogramme, studiebeurse of ander inisiatiewe.
"Ons is afhanklik van ons netwerk wat hul invloed en ervaring kan gebruik om 'n positiewe rol te speel in die lewens van Oudtshoorn se jongmense."
Weyers het ook 'n beroep gedoen op elkeen wat sy wortels in die dorp het, om by die inisiatief aan te sluit.
Die organisasie beoog om op talle vlakke 'n bydrae te lewer, onder andere op sportgebied of die aanleer van lewensvaardighede vir jongmense.
"Ons probeer nie dinge doen wat onbereikbaar is nie. Ons eet die olifant stukkie vir stukkie en hoop om so 'n bydrae te lewer. "Ons doen dit in die gees van omgee, in die gees van ubuntu."
Die skole wat verlede Vrydag skenkings ontvang het, was Stolsvlakte, Bergsig Primêr, Sacred Heart, De Villiers Primêr, Bongolethu Primêr, Protea Primêr en Colridge Primêr.
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.
Lede van RevolUSO, leerders en onderwysers van verskeie skole in die omgewing het verlede Vrydagmiddag elk tien pare skoolskoene ontvang van 'n organisasie wat hom beywer vir sosiale verandering.
ARTIKEL EN FOTO: JACQUES SWART, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'