Volgens mense op die toneel en die inwoners van die huis waar die motor, ‘n Renault Scenic, op sy sy te lande gekom het, was daar ‘n groep skoolkinders in die motor. Mense wat eerste op die toneel was het een insittende wat binne die voertuig was gehelp, maar die blyk dat die ander insittendes weggehardloop het.
Drie kinders met skooluniforms het ‘n polisievoertuig op die hoek van Condor- en Van der Rietstraat voorgekeer en gesê daar was ‘n ongeluk. Die polisiebeamptes was nie op daardie stadium bewus daarvan dat die kinders moontlik in die ongeluk betrokke was nie.
Een beseerde is per ambulans hospitaal toe geneem.
Van die insittendes en hulle ouers het glo ‘n ruk later na die ongelukstoneel teruggekeer.
‘n Navraag is aan die polisie en aan die hospitaal gestuur.
Die kragtoevoer in die omgewing is onderbreek en sal warskynlik teen vanmiddag 13:00 herstel wees.
LEES 'N VORIGE NUUSFLITS
Nooddienswerkers op die toneel.
Die kragpaal word vanoggend herstel.
FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'