Dit was tydens hierdie unieke oomblik van samesyn, waar ma en seun met inspirasie van Jana du Plessis opnuut die genadegawe van 'ouerskap' en 'kindwees' beleef en bevestig het.
'n Uiters geslaagde ma-en-seun-oggend is onder die vaandel van die Oakdale-VCSV aangebied.
Die motiveringspreker, Jana du Plessis, het met drie kerngedagtes elkeen teenwoordig opnuut bewus gemaak van die genadegawe van gesondheid en om voluit te leef en elke oomblik daarvan te waardeer en te geniet.
Oakdalers neem ook die volgende boodskap saam met hulle: "You live the Bible other people never read" bedoelende dat elkeen se lewensvoorbeeld ander moet inspireer en aanmoedig tot die goeie en regte.
Met hierdie projek belê Oakdale opnuut in die le-wens van beide seuns en ouers wat bydra tot die daarstelling van verantwoordelike vaders, eggenote en 'n gesonde gesinslewe.
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.
Oakdale se VCSV-bestuur en hulle ma's na 'n heerlike oggend saam met Jana du Plessis. Agter van links: Luan Lategan, Adriaan Engelbrecht, Willie Viljoen, Trudi Blignaut, HJ de Bruyn, Pierre Blignaut, Stander Terblanche, Emile Karg, Christel Botes, Awie Botes, Zak Liebenberg, Pieter Uys, Theunis Raubenheimer en AJ van Wyk. Voor van links: Petria Lategan, Jana du Plessis (gasspreker), Sarine Terblanche, Renette Liebenberg, Amelia Uys, Nolene Raubenheimer en Sandra van Wyk.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo, Tuinroete nuus'