Altesaam 70 vierwielaangedrewe voertuie het verlede Saterdag, die gure weer van die Suid-Kaap getrotseer en hul vaardighede op hierdie bekende en gewilde vierwielbaan ten toon gestel. In die gemaklike atmosfeer van deelname om-te-geniet was dit Toyota, Isuzu, Land Rover, Volkswagen, Mitsubishi en Suzuki wat mekaar die stryd aangesê het. Uiteindelik was dit steeds die persoon agter die stuur wat sy vaardighede moes uitstal.
‘n Heerlike dag in die teenwoordigheid van al die Oakdale-goedgesinde borge dra by tot nog ’n suksesvolle Oakdale-ondersteunersprojek. Mnr. Koos Scholtz en sy vrou, Petro, verdien lof vir hul organisasie, tesame met alle deelnemers van heinde en ver.
Die derde en laaste projek vir vanjaar is die Ondersteuners-wynveiling wat op 14 Oktober in George aangebied word.
Oakdale is voorwaar bevoorreg om oor betrokke en entoesiastiese ouers te beskik wat bydra tot die breë ondersteuningsbasis waarop die skool kan staat maak.
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.
Die 4x4's spook sake uit tussen die duine te Vleesbaai.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo, Tuinroete nuus'