Die 20 jarige Simoné Slomp vertel dat sy Vrydagmiddag op pad Mosselbaai toe was vir die naweek. "Ek het in Langenhovenstraat afgery en by die hoek van Bloemstraat het ek 'n silwer kar gesien wat vining teen die bult afkom sonder om te stop. Die kar het my bakkie teen die kant getref en die volgende oomblik het ek onderstebo in my bakkie gehang."
Sy vertel dat sy petrol geruik het en gespartel het om haar veiligheidsgordel los te kry.
"Iemand het my deur oopgeruk en 'n man met rooi en wit klere het my gehelp om uit die bakkie te kom. Alles het so vining gebeur en as ek nie my veiligheidsgordel aangehad het nie het ek seker uitgeval en baie seergekry."
Sy vertel dat verskeie omstanders haar gehelp het, maar wil veral die man wat haar uitgehelp het en 'n dame met 'n geel bloes wat al haar besittings uit die bakkie gehaal het bedank vir hulle hulp. Volgens haar het die bestuurder van die Polo op die toneel gesê dat hy nie haar bakkie gesien het toe hy oor die kruising gery het nie. Niemand is in die botsing beseer nie en volgens die polisie word geen saak ondersoek nie.

Die bakkie het op sy dak te lande gekom nadat dit deur 'n Polo by die kruising van Bloem- en Langenhovenstraat getref is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'