Die 20-jarige Lusanda Waxa het die motor van Lehandi Coetzee van Jan van Riebeeckweg gesteel.
Hy is kort daarna op die toneel van die ongeluk deur die blitspatrollie van die polisie in hegtenis geneem. Die motor is onherstelbaar beskadig. Die Oudtshoorn Courant het op 3 Mei oor die ongeluk en Waxa se arrestasie berig.
Die staatsaanklaer Corné Pretorius, het die hof versoek om direkte gevangenisstraf op te lê. Volgens hom is altesaam 25 voertuie die afgelope tien maande op Oudtshoorn gesteel waarvan slegs vyf van die sake suksesvol in die hof afgehandel kon word.
Streeklanddros JC Nortje het met vonnisoplegging gesê voertuigdiefstal is ‘n misdaad wat landwyd kommerwekkende afmetings aanneem.
“ ’n Motor is naas hul huis vir die meeste mense die mees waardevolle besitting en sulke optredes kan nie geduld word nie.”
Volgens hom verhoog versekeringsmaatskappye ook voortdurend hul premies as gevolg van die misdaad.
Hy het in ag geneem dat Waxa ‘n eerste oortreder en nog jonk is en die vonnis afwaarts aangepas.
Waxa is met R300 beboet vir die bestuur van ’n voertuig sonder ’n geldige rybewys en is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.
Lusanda Waxa is op die toneel van die ongeluk in hegtenis geneem en het op die toneel beweer dat daar ander mense sam met hom in die motor was.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'