Dorpenaars is vermaak deur sang- en dansitems terwyl kinders met geskenkpakkies verras is.
Ranger Grebe het `n gepaste boodskap gelewer sodat die doel van die seisoen nie uit die oog verloor word nie.
Verskeie dorpenaars is reeds in 'n Kersfees luim en het hulself gepas aangetrek vir die geleentheid.
Daar is saam met kore gesing en heupe is in pas met die dansers gewikkel.
En toe die liggies aangeskakel is, het almal luid gejuig.
Daantjie Kat het jonk en oud kom wysmaak oor padveiligheid gedurende die feesseisoen.
Kinders kon `n voorsmaak van Kersaand kry toe geskenkpakkies uitgedeel is.