Dit volgens die munisipale woordvoerder, Ntobeko Mangqwengqwe.
Die prioriteitslys van twaalf strate is glo opgestel tydens `n vergadering tussen die munisipale bestuur en die munisipale onderhoudspan. Daar word tans gefokus op herstelwerk aan veral die sentrale sakekern.
Befondsing vir die herstelwerk wat verlede Vrydag begin het, is bekom deur die munisipaliteit se kapitaalbegroting na konsultasie met die Munisipale Finansiele Direktoraat.
Mangqwengqwe het bevestig dat padoppervlaktes tans herseël word as voorbereidingswerk vir die meer volledige herseëlprojek wat aangepak sal word sodra fondse beskikbaar is. Volgens die plaaslike munisipaliteit monitor die tegniese spanne werk wat verrig word op `n daaglikse basis.
Die volgende strate is vir herstelwerk geïdentifiseer:
- Kerkstraat (tussen Park en Olienhoutstreet)
- Albertstraat (Parkweg na Jan van Riebeeckweg)
- Hoogstraat (Noord na Jan van Riebeeckweg)
- Van der Rietstraat (Baron van Reede tot Buitekantstraat)
- Buitekantstraat (Victoria na Scheeperstraat)
- Jubileestraat (Voortrekker na Bloemstraat)
- Meulstraat (Parkweg na Jan van Riebeeckweg)
- Bloemstraat (Parkweg na Jan van Riebeeckweg) en
- Oostelikeweg (Rademeyerstraat na Meulstraat.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'