Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Na inwoners van GG-kamp vanoggend paaie met brandende bande versper het, het inwoners van Black Joint-informele nedersetting ook vanmiddag die pad versper met klippe en brandende bande.
Die inwoners sê hulle voel dat die munisipaliteit glad nie vir hulle omgee nie.
"Nie een amptenaar het ons nog toegespreek nie. Nie eers die raadslid van ons wyk kom tot by ons nie. Ons moet ons kruisies trek, maar kyk hoe lyk hulle dienslewering," het een van die inwoners gesê.
Fotogalery: Betogings oor toilette
Die inwoners sê hulle voel dat die munisipaliteit glad nie vir hulle omgee nie.
Foto's: Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'