Terwyl omstandigheidsgetuienis daarop dui dat die meisie ook verkrag is, is dit nog nie bevestig nie aangesien die nadoodse ondersoek nog nie afgehandel is nie.
Ruiters bly in aanhouding tot 13 Januarie vir ‘n borgaansoek.
Lede van die gemeenskap het gister ‘n lang petisie aan die aanklaer, Gerda Marx, oorhandig om borg tee te staan. By ontvangs van die petisie het Marx voor die hof die gemeenskap verseker dat die staat borg sal teenstaan.
Ruiters sou gister ook in die hof verskyn het op ‘n ander klag van verkragting waarvoor hy ‘n paar weke gelede borgtog van R300 gekry het.
Die gesin van Shafeeka het gister ingestem om met die Oudtshoorn Courant te praat oor die tragedie waaroor Vrydag volledig berig sal word.
Lees gister se artikel hier.

Die liggaam van Shafeeka is Vrydagaand in hierdie hut van Jannie Ruiters agter sy ouers se huis ontdek. Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Klein-Karoo nuus'