Twee seuns wat in die veld was het die motor sien aankom en vertel dat hulle die volgende oomblik skuurgeluide en 'n harde slag gehoor het. Die motor het op sy dak, sowat 20 m vanwaar dit die pad verlaat het, tot stilstand gekom.
Leandri Marks (25) het haar skouer en arm beseer en het verskeie kneusplekke opgedoen.
Volgens haar pa, Oscar Marks, is Leandri se arm steeds seer, maar onder die omstandighede gaan dit goed met haar.
"Sulke goed gebeur altyd so vinnig. Ons is net bly dat hulle by ons is," het hy gesê.
Leandri het Sondag gesê hulle het minder as 60 km/h gery toe die kar om die draai op los gruis gegly en gerol het. Hulle het veiligheidsgordels aangehad.
Hanlie van Jaarsveldt (24) wat ook in die Picanto was toe dit gerol het, het gekla van borspyne en is deur nooddienswerkers uit die motor gehaal. Sy is steeds in die Mediclinic George.
Hanlie se ma, Salomie Thirion, sê haar dogter se borsbeen is gebreek en vier van haar rugwerwels is beseer waarvan een vergruis is.
"As mens na die motor kyk kan mens maar net dankbaar wees dat ons kinders lewendig is. Hanlie gaan op die stadium nie ge-opereer word nie, maar is wel vir 'n paar weke bedlêend. Die dokter sê as sy als doen wat hulle vir haar sê sal sy oor 'n jaar of so weer kan oefen," vertel sy.
Sers. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het die voorval bevestig en gesê hulle ondersoek geen saak nie.
Klik hier vir 'n vorige artikel.
Nooddienswerkers is besig om die bestuurder van die Kia in die ambulans te laai.
Die wrak
ARTIKEL EN FOTO'S: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'