Shane was 'n graad 10-leeder aan Hoërskool Môrester en 'n kranige rugbyspeler.
Die ongeluk was naby die plek waar Johentin Malambo, Patrick Stuurman. Sherwin Goliah en Carmen Jackson op 24 September 2012 verongeluk het. Hulle was almal 21 jaar oud.
Volgens sy pa, Curzon Kietwietz, het Shane Woensdag die voertuie gewas en het 'n draai met die kar gery toe die ongeluk gebeur het.
"Hy het gereeld die karre gewas. Hy het die voertuie buite die huis gestop en gewas en dan ingetrek en binne gestofsuig," het 'n hartseer Kiewietz vertel.
Sy ma, Elmarie, sê hulle was by die huis toe die polisie hulle besoek het om van die ongeluk te vertel. Op daardie stadium het hulle nog nie geweet hy is dood nie.
'n Familielid wat agter die polisie aangery het na die toneel toe het die familie van sy dood ingelig.
Sy ouers beskryf hom as 'n geesdriftige seun wat daarvan gehou het om grappies met mense te maak. Hy is die oudste van drie kinders. Sy sussie Cursha is nege jaar oud en sy jongste sussie Thisha is ses jaar oud.
Huldeblyke het al vroeg Donderdagoggend op Facebook ingestroom. Clara Hannies het gesê: "Here asseblief hoe sê ek tot siens aan 'n klein broer'kie, 'n vriend hierdie tyd van die oggend. Ek sit in 'n bad vol trane ...die hoekoms en die waarom dit neuk met my gedagte....ek vestaan nie hoekom almal so na aan my nie... Ek kan nie R.I.P Shane Kiewietz , ROME&Rompie."
En Sade-Shanees Cupido het ook in 'n boodskap aan hom die volgende gesê: "Kan dit nie glo nie. Jy? Ek het nie woorde nie Sal jou altyd onthou my bru... (Ons laerskool moments 7B!!) Ons gat maak altyd ... God ken vanoggend alleen die hoekom en waaroms ...Till we meet again RIP...SHANE ROME KIEWIETZ... #Gone but not forgotten."
Volgens sers. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, was Shane alleen in die
voertuig toe die ongeluk gebeur het.
"Die ongeluk het om 23:50 op die De Rust-pad gebeur. Die bestuurder van die Nissan voertuig het na bewering beheer oor die voer-tuig verloor en dit het gerol. Die 16-jarige bestuurder is op die toneel oorlede," het sy gesê.
LEES 'N VORIGE NUUSFLITS

'n 16-jarige seun van Oudtshoorn is Woensdagaand in 'n motorongeluk dood na hy beheer oor die Nissan verloor het en die voertuig gerol het. Foto's: verskaf
ARTIKEL: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'