Hulle eerste aksie is op 9 Augustus by die Ambassadors-kerkgronde uitgevoer. Dit was vir die jongmense 'n avontuurlustige dag en elkeen het sy eie graaf, hark en vurk van die huis af gebring.
Dit was ook 'n spanboupoging en die doel was om die jeug te leer dat ‘n mens nie vir alles betaal hoef te word nie. Die jongmense was besonder fluks en die kinders van die verskillende kerke het uitstekend saamwerk.
Na die spanpoging is lekker potjiekos geniet, want terwyl daar gewerk is het uithaler kok en potjiekoskoning, ouderling Flip Seroux, die potjie laat stap.
Die Forum vra dat jeugtakke by hulle moet aansluit om sodoende hul jeug te geniet in die Here.
Voorsitter: Johnny Baartman - 083 550 7013
Sekretaresse: Vanessa Olifant - 074 282 0848

Voor van links is Theo Muller, Gershwin Carolus en Angelo Seroux. Agter van links is Johnny Baartman (Voorsitter), Philip Seroux (Onder-voorsitter), Jetro Geswindt, Franklin Campher, Gershwin Baartman, Ricardo Van Niekerk, Warran Chops, Hanzil Sederstroom en Denmar Llewellyn April.