OUDTSHOORN NUUS - Die opening van die Munisipale-swembaddens is uitgestel na Saterdag, 10 Desember.
Volgens Arelia Mle, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit, is dit omdat die herstel- en onderhoudsprogram gefinaliseer moet word.
Die munisipaliteit sal in die komende week seker maak dat alle swembaddens aan alle veiligheidstandaarde en veiligheidsmaatreëls voldoen.
Hierdie aanpassing is vir u eie veiligheid en u geduld word waardeer.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'