Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Wetstoepassers het vanoggend omstreeks 07:00 opdrag gegee dat 'n voertuig wat teen 'n tuinmuur gebots het, weggesleep word.
Volgens inwoners naby die toneel het die botsing vanoggend op die hoek van Jan van Riebeeck- en Scheeperstraat, tussen 02:00 en 03:00 plaasgevind.
Dit is nie bekend of die eienaar van die motor die bestuurder was en hoeveel insittendes daar was nie.
Kyk 'n video hieronder:
Wetstoepassing het opdrag gegee dat die voertuig weggesleep word.
Die eienaar van die voertuig het nog nie opgedaag nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'