LADISMITH NUUS - 'n 45-jarige man van Ladismith sal binnekort in die Ladismith-landdroshof verskyn na hy vir die onwettige besit van ammunisie in hegtenis geneem is.
Volgens ao. Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith-polisie, het lede van die misdaad intelligensie-eenheid en Ladismith-polisie, 'n wettige ondersoek by Mossiestraat gedoen toe hulle op die ammunisie afkom.
"Die lede het 25 militêre .303-rondtes in 'n plastieksak by een van die wonings gekry. Die ondersoek het hulle na Albertstraat gelei waar hulle nog ses rondtes gevind het."
"Die gemeenskap moet weet dat onwettige ammunisie en vuurwapens vir die polisie 'n prioriteit en groot bron van kommer is," het Cederas gesê.
Hy het verder gesê dat enigiemand met inligting oor onwettige ammunisie en vuurwapens sers. Charl Jentzil by 028 551 8140 of 082 82 10512 moet skakel.
Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'