OUDTSHOORN NUUFLITS - Daar is 'n onverwagse kragonderbreking in dele van Bridgton, Suidelike dele van Oudtshoorn en die Oudtshoorn Sentrale Besigheidsdistrik.
Volgens Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit, is dit as gevolg van 'n hoëspanningskabelfout tussen Unieplein en die hoofkragstasie naby die Munisipale Depot. 'n Elektrisiën is besig om die fout op te spoor.
"Ons hou u op hoogte van enige vordering wat gemaak is."
Dié kragonderbreking het niks met vandag se geskeduleerde kragonderbreking te doen nie.
Die inwoners van die dele wat deur die geskeduleerde kragonderbreking geraak word het 'n kennisgewing van die munisipaliteit ontvang.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'