OUDTSHOORN NUUS - Ontstoke inwoners van Wyk 5 in Bridgton het vanoggend bande in 17de Laan aan die brand gesteek omdat hulle glo nie gekies is vir EPWP-werkprojekte wat volgens hulle in Juliemaand sal begin nie.
Altesaam 400 inwoners van verskillende wyke het gisteroggend by Thusong-sentrum byeengekom om te registreer om in aanmerking te kom vir die beperkte aantal werksgeleenthede (60) wat in hierdie tydperk beskikbaar sal wees.
Die 400 hoopvolle werknemers wat gister teenwoordigheid was se name was in 'n houer gegooi gegooi en slegs 60 name gelukkige name was getrek.
Volgens een van die ontevrede inwoners, Donnelee Dobson, het niemand in Wyk 5 werk gekry nie.
Sy sê alhoewel hulle vooraf van die trekstelsel ingelig is, stem hulle nogsteeds nie in beginsel daarmee saam dat hul lot afhang van blote geluk nie. "Hoe kan daar met ons gesinne se brood gedobbel word?" wou sy weet.
Volgens haar is geen inwoners van 17de,16de en 15de Laan se name uit die houer getrek nie.
Om 14:00 vanmiddag het die ontevrede inwoners hul protesaksie by die sirkel in Smartietown voortgesit.
Teen 17:30 kon die Openbare Orde Polisie Eenheid (Pops) daarin slaag om die situasie met rubberkoeëls te ontlont, terwyl die brandweer die vuur geblus het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'