Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die herstelwerk van ’n gedeelte van ’n straat waar optiese kabel gelê is, moes gestaak word toe ontevrede kontrakteurs daar betoog het.
’n Span, wat slote in Middelweg in Wesbank met teer moes toemaak, moes oppak toe die ontevrede kontrakteurs vroeër vandag daar opgedaag het.
Volgens die groep ontevredenes is daar aan hulle belowe dat hulle ook teerwerk sou kry en weier hulle dat werk voortgaan as hulle nie ook ingesluit word nie.
’n Bestuurder van die maatskappy, wat verantwoordelik is vir die voorbereiding van slote en die rehabilitasie nadat die kabels gelê is, het gesê hulle kan nie bekostig dat onderlinge geskille die werk tot stilstand bring nie en dat plaaslike kontrakteurs hulle interne kwessies self moet bylê.
Kyk 'n video hieronder:
Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'