Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Groep ontevrede inwoners van Oudtshoorn het vanoggend vroeg by die Bridgton UCC-kerk (sirkel) bymekaar gekom om aan 'n georganiseerde optog na die Oudtshoorn-munisipaliteit deel te neem.
Volgens Joey Hefke, sameroeper van die groep, Opi Jaart Mense!, is hulle ontevrede oor die haglike omstandighede waarin hulle woon omdat die plaaslike munisipaliteit afgewyk het van die kriteria wat veronderstel was om huise aan die inwoners toe te ken.
"Baie van ons mense is al donkie jare op die behuisingwaglys, net om te sien dat daar aan ongetroude mense, vreemdinge sonder burgerregte en persone wat nie op die waglyste is nie, huise toegeken word."
Hefke het gese dat die groep beplan om vanoggend 'n griefskrif aan die munisipale bestuurder en burgermeester by die munisipale kantore te oorhandig.
Kyk 'n video hieronder.
Daar was 'n sterk polisieteenwoordigheid by die munisipaliteit.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'