OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Vrou van Oudtshoorn was vanmiddag gelukkig om met slegs 'n skrapie aan haar arm uit haar Polo te klim nadat dit op die George-pad gerol het.
Die vrou was na Oudtshoorn onderweg toe 'n band vermoedelik gebars het.
Die motor het 'n grondwal langs die pad getref, gerol en op die sykant te lande gekom. Die botsing is op 'n motoris se kamera vasgevang.
Die vrou se volwasse kinders was minute na die botsing op die toneel.
Die botsing het tussen 14:30 en 15:00 plaasgevind.
Kyk 'n video hieronder:
Daar was 'n Healthnet bussie met mediese personeel 'n paar voeruie agter die vrou en hulle kon haar dadelik bystaan.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'