OUDTSHOORN NUUS - Niemand is beseer tydens 'n botsing vroeër vanoggend op die George-pad nie.
Die ongeluk het plaasgevind aan George se kant van die perdeskoendraai.
Die VW Polo het, volgens inligting op die toneel, van George se rigting af gekom en in verkeerde baan gery.
Volgens die insittendes van die VW Tiguan het die Polo reg op hulle afgepyl, maar kon hulle die vir die Polo uitswaai nie.
Die Tiguan het op sy sy te lande gekom en die Polo het in 'n grensheining ingery.
Niemand is beseer tydens die botsing nie:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'