Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - 'n Botsing het pas plaasgevind op die George-pad, sowat 7 km buite Oudtshoorn, toe 'n afleweringsvoertuig van agter in 'n bakkie vasgery het.
Die bakkie was besig om by Chandelier Wildsplaas in te draai toe dit van agter getref is.
Daar het reeds verskeie botsings by hierdie indraai plaasgevind.
Die eienaar van Chandelier het al dringende versoeke aan die departement van vervoer gestuur om die pad by die ingang te verbreed.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
Kyk 'n video hieronder.
Die bakkie is van agter getref.
Op die ongelukstoneel op die George-pad vanoggend.
Lees 'n verwante artikel: 4de Botsing die naweek
ARTIKEL FOTO'S EN VIDEO: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'