OUDTSHOORN NUUS - 'n Gedeelte van Voortrekkerweg is vir verkeer gesluit na 'n ongeluk waarin drie voertuie betrokke was.
Een persoon, sover vasgestel kan word, is beseer.
Die beseerde persoon was die enigste passasier in die taxi. Dit is nog nie duidelik hoe die ongeluk gebeur het nie.
Foto's: Liezl van Niekerk
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’