OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die bestuurder van 'n wit Golf en sy twee kinders van 2 en 6 is hospitaal toe met geringe beserings na 'n botsing vanaand omstreeks 19:15.
Volgens inligting op die toneel het die bestuurder uit 'n systraat gekom, oor Impalaweg gery en 'n muur getref.
Die inwoners van die huis waar die Golf deur die erf se muur gebars het, het televisie gekyk toe hulle die slag hoor.
Hulle het hulp verleen en die nooddienste ontbied.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'