OUDTSHOORN NUUS - Drie jeugdiges is vanmiddag na die hospitaal geneem na die voertuig waarmee hulle gery het in Arnold de Jagerrylaan omgeslaan het.
Sover vasgestel kan word is hulle skoolleerders.
Die bestuurder van die voertuig het op die draai naby Wescott Park beheer oor die voertuig verloor waarna die voertuig omgeslaan en oor die pad geskuur het.
Volgens ER24 het hulle drie pasiënte met ligte beserings hospitaal toe geneem.
Nooddienste personeel sowel as die leerders se ouers was vinnig op die toneel.
Die bestuurder van die voertuig het op die draai naby Wescott Park beheer oor die voertuig verloor.
ARTIKEL & FOTO'S: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'