OUDTSHOORN NUUS - Daar was vanoggend groot verwarring oor 'n raadsvergadering wat vanoggend moes plaasvind, maar gister deur die speaker, Julia le Roux, afgestel is.
'n Aantal raadslede het vanoggend met die munisipale bestuurder, Allen Paulse, en die burgemeester, Colan Sylvester, samesprekings gehou oor die dringendheid van die raadsvergadering wat nie plaasvind nie.
Die munisipale bestuuder en die burgemeester is dit eens dat dit wel 'n dringende vergadering is omdat die dorp se begroting ter tafel gelê moet word voor 30 Junie.
Volgens Sylvester is 'n versoek gebring dat daar Maandag 'n raadsvergadering gehou moet word.
Dit is egter nog nie duidelik of dit wel gaan gebeur nie.
Paulse het aan die Oudtshoorn Courant gesê dat die speaker die enigste persoon is wat die mag het om die vergadering te roep.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'