Dit is die boodskap van Eshida May, gemeenskapsontwikkelingsbeampte van die APD (Vereniging vir persone met gestremdhede) op Oudtshoorn. Sy belowe dat hierdie jaar se loslitdag groot gaan wees en sy daag Oudtshoorn se inwoners uit om 'n groot impak te maak met hierdie jaar se 'Go Big'-tema.
"Wat jy ookal aantrek vir Loslitdag moet groot wees," sê Eshida. "Groot hare, groot skoene, groot ore, groot klere... enigiets, solank dit groot is!"
Loslitdag word jaarliks gehou om fondse vir hulp aan gestremdes in te samel. Plakkers vir loslitdag kan gekoop word teen R10 elk.
Mense wat plakkers wil koop of wil deelneem aan die verspreiding van plakkers kan enige van die volgende persone kontak:
- Bernice Engelbrecht - 044 272 5678
- Eshida May of Carin le Roux - 044 272 0683