OUDTSHOORN NUUS - Ismail Mohammed (59) is Woendag aan-gewys as die motorwag van die maand en het kruideniersware ter waarde van R500 gewen.
Volgens Hennie Davel, lid van die Oudtshoorn besigheidskamer, is Mohammed uiters getrou en elke dag betyds op sy pos.
Tans doen 14 amptelike motorwagte diens in die middedorp. Twee nuwe wagte ondergaan tans opleiding.
Hierdie is 'n gesamentlike projek wat gedryf word deur die Oudtshoorn-munisipaliteit, Oudsthoorn polisie en die besigheidskamer om die veiligheid van motoriste te verseker. Om die amptelike motorwagte te identifiseer word hulle toegerus met oranje pette en glimbaadjies waarop die woorde "Amptelike Karwag" aangebring is.
Die motorwagte verdien nie 'n salaris nie en daar word 'n beroep op die gemeenskap gedoen om hulle met footjies te vergoed. Motoriste word ook gevra om nie vir enige nie-amptelike 'karwag' geld te gee nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'